logo

About us

Our Team

Hallo en welkom by Camelotte se web-tuiste. Ons het nog altyd groot drome gehad en “lugkastele” bou was ‘n alle daagse ding vir ons.

Ons belangstelling in die bedryf het begin net na ons troue. Ons het begin fokus op trou fotografie en baie gou groot vriende in die bedryf gemaak. Dit het baie gou gegroei tot ‘n passie. Dit was ongelooflik om te kon deel word van soveel paartjies se wonderlike dag. En so het ”Jou mooiste dag fotografie” die lig gesien.

Ons passie het net aanhou groei. Desember 2006 is die besluit gemaak om ons ”lugkasteel” op die grond te bou en in November 2007 het ons die eerste huweliks bevestiging by “Camelotte Wedding Venue” gehou.

Ons is baie gelukkig om Ma Alida in ons span te he. Sy sorg keer op keer vir fees-male wat die komplimente laat instroom.

Dit sal vir ons ‘n groot voorreg wees om gashere te wees op een van julle heel mooiste dae. Ons wil graag deel wees van die groepie mense wat julle droom troue ‘n realiteit gemaak het.

Ons het die venue, ons het die lekkerste kos….Nou kort ons nog net vir Julle!

Baie Dankie dat ons deel kan word van julle lewens.

Kobus en Hermien Grobler


Hermien Grobler: 072 474 1511
Alida Grobler: 082 838 0050
Email: info@camelotte.co.za

Find us

© 2016
All rights reserved

Privacy Policy

Articles

Online Venue designed by Right Click Media

 

accommodation in Hartbeespoort DamCamelotte Wedding and Accommodation is an Afristay Valued Member.